
Verslag van Waarnemings: EFF-protes, Hoërskool Brackenfell
Dr Braam Hanekom - 21-11-2020 My dank aan die SAHRC wat aan dr Llewellyn MacMaster en myself permitte verskaf het om as monitors tydens die protesoptog op te tree. Chronologiese waarneming 09.00. Alles is baie kalm en rustig. Polisie is in groot getalle aanwesig. Enkele omstanders, maar ook die Cape Party wat buite die doringdraad-afsperring hulle (reklame) tent opgeslaan het, is teenwoordig. Baie media reeds teenwoordig. EFF het toestemming om hul verhoog voor die skoolingan