Sentrum vir Publieke Getuienis
Tuisblad
Oor ons
Nuus
#100DorpeDialoog
Projekte
Nuusbrief
WCEN
More...
Braam Hanekom is die direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust. Hy glo dat hierdie groentesaadprojek (#GROEI-projek) ons help om nader aan God, die natuur, grond en volhoubaarheid te beweeg. Dit help ons om nie net ons liggame nie, maar ook ons siele te voed. Die projek is sinvol, gesond, prettig en stimulerend. Dit leer ons van seisoene en klimaat, vitamiene en nog baie meer. Dit is bekostigbaar vir almal en kan deur ryk en arm, jonk en oud geniet word.
Kaapstad word tans gekonfronteer met 'n reuse-uitdaging van haweloosheid. Dit is egter nie net die Moederstad wat hierdie uitdaging ervaar nie, maar ook talle ander dorpe in ons streek. Die vraag is: waar lê die oplossing? In Kaapstad alleen word daar ‘n heenkome vir meer as 10 000 mense gesoek (dit sluit algemene behuisingsnood uit).
Dr. Braam Hanekom en die Sentrum vir Publieke Getuienis besoek dorpe regoor Suid -Afrika om gesprekke met die gemeenskap en sy leiers te fasiliteer om sodoende 'n kultuur van eenheid en wedersydse respek te kweek. Die uiteindelike doel is om 'n gevoel van omgee en diensbaarheid by die mense binne die gemeenskap te vestig.