top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Werkloosheid en armoede in Suid-Afrika

Die Western Cape Ecumenical Network (wat bestaan uit verteenwoordigers van meer as 20 denominasies/kerke en para-kerklike organisasies in die Wes-Kaap) het onlangs ‘n dagkonferensie gehou waar ‘n aantal sake van groot belang vir die toekoms van Suid-Afrika bespreek is.


Hier volg ‘n kort opsomming van belangrike punte wat gemaak is. Van die punte is bekend, maar word duidelik nog nie genoegsaam deur die regering gehoor en toegepas nie. Die kerk sal in die opsig volhardend haar profetiese stem moet laat hoor.


Oor werkloosheid


· Ons stuur af op ‘n wêreld waar werk al skaarser gaan word, nie omdat die ekonomie krimp nie, maar wel anders lyk (4e Industriële Revolusie).

· Onthou, selfs die poste wat die staat skep, word betaal deur belastings wat die privaatsektor betaal. Hulle is die ware verskaffers van werk. Jy skep nie werk sonder ‘n groeiende ekonomie nie.

· Die staat sal dit veel makliker MOET maak vir klein besighede om sake te doen. (“unshackeling small businessses”).

· Ons het dringend ‘n nuwe beleid oor toelaes nodig. Toelaes moet bly, maar die huidige stelsel is onvolhoubaar. Dit moet gekoppel word aan ‘n teenprestasie vir diegene wat kan.

· Toelaes aan moeders wat nie na 5 jaar kan bewys dat hul kinders op skool is nie, moet gestaak word.

· Die land se werksetiek moet herstel word.

· Ons het nie genoeg relevante vaardighede nie en ‘n gebroke onderwysstelsel. Die vakbonde versmoor tans ons onderwys.

· Die kerk het ‘n groot rol gespeel tydens die industriële revolusie. Die vraag is wat die kerk se rol nou tydens die 4e Industriële Revolusie moet wees?


Oor armoede


· Basiese dienste vir die armes, soos vervoer, erergie en telekommunikasie (data) behoort ‘n prioriteit te wees.

· `n Klimaat wat investering aanmoedig moet geskep word. Die regering faal tans. Te veel onsekerheid in beleide.

· BIG (Basic Income Grant) moet ernstig oorweeg word, mits dit bekostigbaar is en voldoen aan basiese beginsels wat werksetiek stimuleer en nie laat kwyn nie.

· `n Nuwe Onderwys en Opvoeding BERAAD is nodig. Kerke behoort ‘n leidende rol te speel.

· Nuwe beleide oor die honderde SOE’s is dringend nodig. Dit tap die staatskas leeg.


· Kwaliteit van bestuur en lewering van dienste moet dramaties verhoog word.

· SA het tans nie ‘n kapitalistiese of sosialistiese ekonomiese stelsel nie, maar ‘n stelsel van staatsbeheer, bevoorregting en begunstiging. Korrupsie moet uitgeroei word. Die land word tans arm gesteel.

· BEE moet drasties hersien word.

· Kapasiteit en bevoegdheid moet herstel word. Ervaring en kundigheid moet nie as bedreiging gesien word nie.

bottom of page