Publieke Getuienis
Waarom het ons 'n publieke getuienis nodig?
Braam Hanekom

Daar is na my mening ‘n paar dinge wat baie hoog op ons agenda moet wees as ons enigsins oor ‘n gelukkige toekoms wil praat en droom.
• Groeiende armoede
• `n Stukkende ekonomie
• Onderwys
• Grond en behuising
• Groeiende verwydering en polarisasie
Daar is meer, maar dié is sekerlik vir eers genoeg. Dit is in so ‘n wêreld en land waar ek aan ‘n paar dinge vashou.
• Die LIG wat nie onder ‘n maatemmer moet staan nie, maar IN die duisternis moet skyn. Die duisternis sal dit NIE oorweldig nie. Ons moet egter DAAR wees!
• Die KRAG van die EVANGELIE. Ons hoef nie die wêreld te verander nie en ons kan dit nie verander nie, maar ons word geroep en bemagtig om die Evanglie NA die wêreld te bring. Met woord en daad. Die Evangelie verander die wêreld. As ons stil raak, verdwyn die hoop.
Het die Here dalk ons kansels vir ‘n oomblik gesluit sodat ons IN die wêreld werksaam kan word?