Publieke Getuienis
Waarom glo ons?
Raak deel van die gesprek by Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit! Ons gaan praat oor: Om te kan rekenskap gee van die hoop wat in ons leef.

Die Sentrum vir Publieke Getuienis was die afgelope tyd in ‘n reeks Zoom-gesprekke met kundiges betrokke om meer duidelikheid te probeer kry oor ‘n raamwerk vir genoemde gesprek.
Danksy nuwe COVID-regulasies kan hierdie gespreksgeleentheid nou fisies plaasvind.
Ons nooi graag predikante, lidmate en ander belangstellendes om te kom deelneem. Plek is beperk, so bespreek asb. so gou moontlik by spg@kaapkerk.co.za of skakel 021 957 7202.