top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Verklaring van besorgde kerkleiers

Etlike kerkleiers in Kannaland het onlangs ‘n verklaring afgelê waarin hulle opnuut bely dat die aarde en ook Kannaland aan God behoort en dat Sy Koningkryk elke terrein van hulle lewens insluit.



Francois Naudé, predikant op Ladismith, vertel dat die inisiatief voorgespruit het uit ‘n dorpsgesprek wat hulle aan die einde van 2020 op Ladismith gehou het. “Klomp rolspelers en verteenwoordigers van kerke, politieke partye, organisasies, die plaaslike owerheid, sportklubs, ensovoorts het gesels oor die huidige situasie in Kannaland en oor ons toekomsvisie vir ons gemeenskap. Die proses is deur Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis gefasiliteer.


Voortspruitende uit hierdie gesprek, het ‘n groep kerkleiers bymekaar gekom en besluit dat die kerke ‘n profetiese rol het om te vervul, gegewe die ongelukkige geskiedenis van die munisipale owerheid en die onstuimige klimaat wat tans heers. Hierdie faktore het ‘n uiters belemmerde inpak op dienslewering, sosiale kohesie en versoening in die gemeenskap."


Daarom is ‘n verklaring opgestel waarin die kerkleiers God se eiendomsreg oor elke faset van die lewe erken. Voorts is die kerkleiers van mening dat die kerk ‘n besliste profetiese verantwoordelikheid het ten opsigte van die plaaslike regering en bely dat hul stem dikwels stil was te midde van onreg, korrupsie, nepotisme en politieke verdeelheid. Die kerkleiers verklaar hulle ook bereid om konstruktief betrokke te wees by die werksaamhede van die plaaslike regering en amptery.


As opvolg van hierdie verklaring word ‘n dorpsvergadering van die bogenoemde rolspelers vir Mei of Junie beplan.


Lees die volledige verklaring hier:

Verklaring van Besorgde Kerkleiers in Ka
.
Download • 106KB

0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page