Publieke Getuienis
Sentrum vir Publieke Getuienis, MES en NG Stellenberg vat hande rondom haweloses
'n Kamp vir leiers in die gemeenskap van haweloses is verlede week by die Apostel Battery in Landadno gehou. Die kamp het oor drie dae gestrek en leiers is deur MES (Mould Empower Serve) geïdentifiseer. Geestelike-, lewens- en leierskapsvaardighede is bespreek. Ons glo dat saadjies geplant is wat verder in die broos gemeenskap sal ontkiem.