top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

Ons droom is sosiale kohesie in Suid-Afrika

Die versterking van sosiale kohesie by steeds baie hoog op ons lys. Twee inisiatiewe het die afgelope kwartaal aandag gekry. Die eerste was die fasilitering van die ‘n “onafgehandelde familiegesprek” tussen die VGK en die NGK op Piketberg (foto onder). Ons het opnuut bewus geword van die hoeveelheid seer wat onder die oppervlak, oral in ons samelewing, lê. Die gewilligheid, moed en ywer om die saak aan te pak, het ons inspireer. ‘n Opvolggesprek is bepan vir 23 Junie.

Daar het ook gesprekke met Barend la Grange van South Africa Day plaasgevind. SA DAY is bekend vir hulle uitstekende werk in plekke soos Coligny en Senekal. ‘n Volledige onderhoud met Barend kan in die video bo gesien word. Dit is opvallend hoeveel ooreenkomste daar tussen die werk van SPG se #100DorpeDialoog en SA DAY is. Ons sien uit na opvolggesprekke en toekomstige samewerking.




Intussen word daar ook ‘n volledige Zoom-konferensie beplan waar daar spesifiek op wenke gefokus sal word vir mense en dorpe wat moedeloos is vir konflik en agteruitgang en graag ‘n verskil wil maak. Hou die amptelike nuusbrief van NG Kerk Wes-Kaapland, VrydagNuus, dop in die verband.


WENK: Moenie moedeloos raak as jy teleurgestel word wanneer dit lyk of jou eerlike inisiatiewe ontspoor nie. SA het baie komplekse sosiale dinamika. Ons soek leiers met lang asems, baie geloof, moed en geduld.

bottom of page