Publieke Getuienis
Nuutste COVID-brandpunte en ontwikkelinge

`n Aantal geloofsleiers het verlede Vrydag ‘n Zoom-vergadering met premier Alan Winde, ‘n paar ministers in die provinsiale regering, asook senior amptenare in die provinsiale regering gehad. Verskeie sake is aangeraak, maar ondermeer is die nuutste terugvoering oor die stand van sake rakende COVID-19 gegee. Die volledige aanbeveling is vir u aandag hier beskikbaar:
Dit blyk dat daar op hierdie stadium nuwe bekommernis oor die stygende getalle in die George/Tuinroete-omgewing bestaan. Alhoewel ons baie versigtig moet wees om paniek te saai, word almal en veral persone in daardie omgewing, opnuut tot versigtigheid gemaan.
Dit geld natuurlik ook vir ons geloofsgemeenskappe, wat veral tydens samekomste blootgestel is aan die virus. Met die Kersgety op hande en die verwagte instroming van duisende besoekers, wil ons julle van ons voorbidding en ondersteuning verseker. Ons kan beslis nie ophou lewe nie, maar moet met dissipline die regte ding bly doen.
As daar verdere navrae is, kan Nioma Venter (nioma@kaapkerk.co.za) of Braam Hanekom (braam@kaapkerk.co.za) met vrymoedigheid gekontak word. Hulle was ook deel van hierdie vergadering.