Publieke Getuienis
iThemba April 2022
Dit is met groot opgewondenheid dat die Sentrum vir Publieke Getuienis aankondig dat die eerste uitgawe van 2022 van hulle eie nuusbrief, Ithemba (die Xhosa woord vir hoop) nou beskikbaar is. Hierdie nuusbrief, propvol stories van hoop en verslaggewing oor aktuele kwessies soos haweloosheid, politiek en ekologie, word kwartaalliks uitgereik.
"Ons weet dat Suid-Afrikaners wat saamstaan 'n verskil kan maak en ons hoop om samewerking en 'n gevoel van gemeenskap met hierdie nuusbrief te bewerkstellig," vertel Braam Hanekom.
Lees gerus meer oor die sentrum se werksaamhede.
Klik hier om in te skryf vir die nuusbrief sodat jy dit elke kwartaal kan ontvang.
