top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

#GROEI-projek terugvoer

COVID-19 het beklemtoon hoe belangrik volhoubare voedselvoorsiening is en diegene by die Hoop en Versoening Trust het besef dat die uitdeel van kospakkies nie volhoubaar is nie. Daarom poog hulle om individue en gemeenskappe te bemagtig om hulle eie kos te produseer met die #GROEI-projek.


Die trust het oor die afgelope maande positiewe terugvoer ontvang rakende hierdie innoverende groentesaadprojek. Talle gemeenskappe deel stories van hoop oor hoe #GROEI hulle gehelp het om die breër gemeenteskap te inspireer en hulle meer selfonderhoudend te maak. Lees meer terugvoer oor die projek hier.


Wat hierdie projek spesiaal maak is die feit dat enige individue, gemeenskap of gemeente betrokke kan raak. Jy het nie ’n graad of spesiale vaardighede en opleiding nodig nie. Dit is bekostigbaar, en kan deur jonk en oud geniet word. Kontak gerus vir Annelie by spg@kaapkerk.co.za vir meer inligting oor hoe om aan te sluit.

bottom of page