Publieke Getuienis
Die konflik en gebrek aan sosiale kohesie in Suid-Afrika
Wat kan gemeentes doen?

Die jaar storm einde se kant toe en almal slaak ‘n sug van verligting. 2020 was ‘n jaar wat niemand sien kom het nie en ook nie kon voorspel het nie. COVID-19, droogtes, die ekonomie en werkloosheid, uitdagings vir die kerk en gemeentes en les bes, kwynende sosiale kohesie in ons land, het ons bykans verlam.
Ons is egter ook dankbaar oor die talle mooi stories wat ons gemeentes bly skryf het en sien uit na 2021. Ons is vol hoop dat ons mooi stories sal bly skryf.
Daarom het ons hier by die Sentrum vir Publieke Getuienis voorlopig ‘n stukkie gereedskap ontwikkel wat ons hoop gemeentes sal bemagtig om saam eenheid en sosiale kohesie in die land te bou. Ons sal die dokument in 2021 uitbou en verfyn en ook in Engels beskikbaar stel.
Die gedagte is egter dat dié wat nog `n stukkie leesstof oor die Kersseisoen soek, daaraan sal begin herkou. Ons sal graag in 2021 verder hiermee wil werk.
Intussen wens ons almal ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar toe.