top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

COVID is met ons dié Kersfees

Llewellyn MacMaster, Nioma Venter en Braam Hanekom het gisteraand saam met ander geloofsleiers 'n vergadering met senior lede van die Wes-Kaap regering bygewoon. Die Covid-19 omvang en impak op ons is in detail bespreek (lees mediaverklaring hier). 'n Paar dinge is duidelik:


1. Die virus is met ons en versprei vinniger as met die eerste rondte infeksie.

2. Groot byeenkomste en veral binneshuise byeenkomste hou 'n groot risiko in.

3. Ons almal word tot groot persoonlike verantwoordelikheid gemaak.

4. Die piek word eers teen vroeg Januarie in die Kaapse metro verwag.


Vir meer navrae kan Braam Hanekom by 083 302 8639 gekontak word. Indien u belangstel in die volle voorlegging kan dit by media@kaapkerk.co.za aangevra word.

Intussen wens ons u 'n vredevolle en geseënde Kersfees toe. Mag Christus Immanuel ons harte warm maak hierdie Kersfees.



bottom of page