Publieke Getuienis
Bid asseblief vir Mosambiek en Ethiopië
Ons vra ernstige voorbidding vir die verslegtende situasies in Mosambiek en Ethiopië.

Bid asseblief saam met ons vir Mosambiek se Cabo Delgado provinsie waar ISIS militante 'n sokkerveld in 'n dorp gebruik het as ‘n teregstellingsgrond.
Inwoners wat probeer vlug het, is gevang en na die plaaslike sokkerveld geneem waar hulle onthoof en stukkend gekap is in 'n gruweldaad wat van Vrydagaand tot Sondag uitgevoer is, volgens Pinnacle News. Meer as 50 mense is onthoof. Lees meer oor dié situasie hier.
Ons vra ook voorbidding vir die situasie in Ethiopië. Honderde Ethiopiërs het gesterf weens lugaanvalle en gevegte te midde die vrees dat Ethiopië ‘n burgeroorlog gaan verklaar, gegewe die diep vyandigheid tussen die Tigrayane en Abiy Ahmed (Eerste Minister van Ethiopië), wat uit die grootste etniese groep, Oromo, afkomstig is.
Meer as 8 000 vlugtelinge het sedert Dinsdag na Soedan gevlug en die Afrika-unie het 'n beroep op 'n skietstilstand in 'n Noord-Ethiopiese streek gedoen, waar Abiy Ahmed 'n militêre offensief voer teen plaaslike leiers wat sy gesag uitdaag. Klik hier om meer daaroor te lees.
#Africa #SouthAfrica #Mozambique #Ethiopia #Pray #LordHaveMercy #terrorism #attacks #war #God #WeTrustGod #faith #JesusChrist