top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

40 Dinge wat COVID-19 kom onderstreep het

Braam Hanekom

Dit is al meermale gesê dat COVID-19 baie dinge onherroeplik verander het. Dit het nie net baie dinge verander nie, maar ook sekere dinge kom onderstreep en as’t ware onder die vergrootglas geplaas. Dit het ondermeer dinge uitgewys wat, as dit nog nie verander het nie, sal moet verander.


Die volgende het by my opgekom:


1. Ons is deel van ‘n baie ongelyke samelewing waarin daar baie agterstande is. Sekere dele van ons samelewing is baie swaarder getref as ander.

2. Ons leef steeds met ‘n ongelyke onderwysstelsel.

3. In tye van relatiewe voorspoed kan jy wegkom met twak. In tye van krisis (soos COVID-19) word werklikhede gedefinieer.

4. `n Soberder lewenstyl is glad nie sleg nie… Inteendeel.

5. Ons ekonomie is baie, baie broos.

6. Ons gesondheidstelsel laat veel te wense oor.

7. Ons reis te veel vir sommige onnodige dinge soos vergaderings.

8. Ons verhoudings is veel kosbaarder as wat ons besef.

9. Dit is ‘n voorreg om in ‘n relatiewe ruim huis te bly.

10. Ons kan sonder kitskos.

11. Ons het reeds voor COVID-19 in ‘n abnormale samelewing geleef. Die inperking het gewys hoe ‘n samelewing met minder geweld en moord kan lyk.

12. Ons is ‘n samelewing wat kreun onder gelagsgebasseerde geweld.

13. Sommige politici verdien nie hulle posisies nie.

14. Sosiale kohesie is nie ‘n luukse nie.

15. Die ekologie en natuur kan herstel, maar dit gaan dramatiese ingryping vra.

16. Ons eet te min groente.

17. Kerke speel ‘n belangriker rol as wat sommige besef.

18. Kerke sal moet aanpas.

19. Kerke speel nog nie oral die rol wat hulle moet speel nie.

20. Selfs in die grootste krisis krap ego’s dinge verder deurmekaar.

21. Sport het ‘n te groot deel van ons lewe in beslag kom neem.

22. Daar is soms gebroke verhoudinge wat op ‘n kunsmatige wyse deur ‘n kunsmatige leefwyse toegepleister word. Wanneer mense nader aan mekaar gedwing word, word die breuklyne duidelik.

23. Ons prioriteite was skeefgetrek.

24. Niks is permanent nie. Dinge verander gedurig en gaan nog baie verander.

25. Daar is sekere dinge wat ons net nie kan voorspel nie.

26. Vrees kan ons verlam.

27. Fopnuus is ‘n groter probleem as wat ons besef.

28. Die wetenskap weet ook nie altyd nie.

29. Ook wetenskaplikes verskil ernstig onder mekaar.

30. Politici sal enige geleentheid tot hul voordeel wil gebruik.

31. Kreatiwiteit skep nuwe energie.

32. Minder is meer.

33. Goeie bure is baie kosbaar.

34. Daar is hopeloos te veel onnodige goed wat deel geword het van ons lewe.

35. Ons mis vriendelike gesigte wat vir jou op straat laat lag en glimlag. Ons het dit nodig.

36. Ander maniere van onderrig is moontlik en ons sal ernstig daarna moet kyk.

37. Mense is aanpasbaar.

38. Ons het meer afhanklik van haarkappers geword as wat ons graag sal wil erken.

39. Drankmisbruik maak ons seerder as wat ons wil erken.

40. Daar is rooiligte wat flikker rondom die hantering van mag in ons polisie. #learning #COVID19 #pandemic #lockdown #SouthAfrica

bottom of page