top of page
Search
  • Writer's picturePublieke Getuienis

#100DorpeDialoog: Cloetesville se leiers wil saamwerk

Op Saterdag 16 Oktober het meer as 60 van Cloetesville se leiers en mense wat omgee vir die welstand van hul gemeenskap byeengekom en besluit om ‘n platform te skep waarmee die grootste uitdagings in die gemeenskap aangespreek kan word.



Die samekoms is die inisiatief van Malena Fourie, wat groot ondersteuning gekry het van al die rolspelers in die gemeenskap, in samewerking met die Sentrum vir Publieke Getuienis. Die geleentheid is by die VG Kerk in Cloetesville gehou en gefasiliteer deur Braam Hanekom.


Die volgende sake bespreek sal word in die hoop dat daar konkrete uitkomste sal wees:


  • Die vestiging van ‘n veeldoelige sentrum waar beide vaardigheidsopleiding en die heling van trauma aangespreek sal word.

  • Die uitklaar en vestiging van nuwe waardesisteme asook die rol van ouers in die verband. Dit sluit respek vir mekaar en die gemeenskap in.

  • Die behoeftes van jongmense, insluitend werkloosheid en dwelmmisbruik.

  • Samewerking tussen NRO’s.

  • Bendes en die afwesigheid van rolmodelle.

  • Veilige ruimtes vir vermaak en leierskaps-opleiding.


Die deelnemers het besluit om ‘n memorandum van verstandhouding op te stel wat die platform se mandaat sal bepaal.


Die ses lede van die bestuursgroep wat gekies is, is Edward Crawley, Kevin Jooste, Valerie Fernandez, Magdalene Blankenberg, Martinus Groenewald en Kauthar Adams.


Mense wat verdere inligting wil ontvang of bydraes wil lewer, kan vir Malena Fourie skakel by 083 858 9779.

bottom of page