
Geloof, hoop en liefde wat nie gemeet kan word nie
Deur Braam Hanekom. Met erkenning ontvang van Godsdiens Aktueel. Geloof, hoop en liefde staan as begrippe sentraal in die Christelike geloofstradisie. Dit kan nie met een of ander fisiese instrument gemeet word nie en daar bestaan ook nie numeriese mate om dit te weeg nie. Tog is dit onmoontlik om die bestaan daarvan te ontken. Dit is geanker in gemeenskap, maar dra ook ‘n baie intieme, persoonlike karakter. Dit is nie verkeerd om soms daaroor te debatteer nie, maar soms moet