
40 geskenke wat COVID-19 aan my gegee het
Braam Hanekom Daar is ‘n gesegde wat lui dat elke donker vallei aan jou ‘n geskenk bied. Net jy kan dit vind en net jy kan dit oopmaak. Met COVID-19 is dit nie anders nie. Die afgelope dae het ek gaan sit en dink oor die mooi en goeie goed wat ek die afgelope tyd om my waargeneem en ontvang het. 1. Ek het my huis weer leer waardeer. Vir te lank was dit net ‘n oorslaapplek in ‘n te vol lewe. Ek kon regpak, mooimaak en hierdie ongelooflike gawe uit God se hand weer waardeer. Ek